Afrika-verteenwoordigers van die United Nations Population Fund (UNFPA) word vandeesweek vir die eerste keer op eie bodem in Suid-Afrika leierskapsopleiding aangebied. Vorige leierskapsprogramme vir Afrika van die UNFPA is deur Amerikaanse en Europese sakeskole behartig.
Dit volg nadat USB Bestuursontwikkeling (USB-BO), die publieke bestuursontwikkeling en opleidingsmaatskappy van die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB), onlangs ? kontrak van die Verenigde Nasies ontvang het vir die aanbied van ? weeklange leierskap-ontwikkelingsprogram in Johannesburg aan UNFPA-verteenwoordigers uit Afrika.
Wikus van Vuuren, USB-BO se besturende hoof: Midde-Ooste & Afrika, het gesê die Verenigde Nasies-projek is vroeër vanjaar per tender uitgesit met verskeie internasionale sakeskole en konsulterende organisasies wêreldwyd wat voorstelle ingedien het.
"USB-BO is die eerste sakeskool uit Afrika om die UNFPA-kontrak te ontvang. Verteenwoordigers en adjunkte van 30 lande regoor Afrika sal by die program betrokke wees," het hy gesê.
Namate organisasies na internasionale verantwoordelikheid streef, het die UNFPA ? behoefte vir die ontwikkeling van leierskapskapasiteit geïdentifiseer vir die daar stel van veerkragtige en volhoubare organisasies. Ten einde vir die UNFPA om sy mandaat uit te voer vir die versekering dat elke vrou, man en kind ? gesonde lewe met gelyke geleenthede kan geniet, sal leiers doeltreffende bestuurs- en leierskapskapasiteit in hul organisasies benodig.
In reaksie hierop het USB-BO die program so aangepas om by die spesifieke uitdagings en strategiese doelwitte van die UNFPA in te skakel. Daar word veral klem op die volgende geplaas:
Van Vuuren het gesê hy glo die rede waarom die strategiese en uiters opwindende projek aan USB-BO toegeken is, is die belofte om die program by die behoeftes van UNFPA aan te pas, in ? ware vennootskap te tree en sensitief vir die organisasie se behoeftes te wees en ? gehalte produk te lewer.
Einde
Uitgereik deur MediaVision namens USB-ED
Back to top